Skip Navigation LinksOor Senwes > Tuisblad

 



Senwes korporatiewe visie en profiel

Visie

Om die mees geadmireerde agri-besigheid in Suid-Afrika te wees.

Missie

Senwes is ‘n gediversifiseerde agri-besigheid wat spesialiseer in die verskaffing van landbou-produksiemiddele, marktoegang vir landbouprodukte en wat waardetoevoegende dienste aan sy klante verskaf. Met sy mense, sterk infrastruktuur en gesonde kernwaardes as boustene, fokus Senwes op volhoubare waardeskepping vir alle belanghebbendes.

Strategie

  • Diversifikasie binne kernbesigheid
  • Waardeontsluiting
  • Swart ekonomiese bemagtiging (SEB)
  • Finansiële prestasie


Profiel

Senwes is ‘n landboumaatskappy wat hom toespits op: marktoegang vir primêre landbougewasse en insetverskaffing aan die produsent, asook waardetoevoeging vir rolspelers in dié ketting.
Sedert die onderneming 101 jaar gelede gestig is, het dit gegroei en gediversifiseer en het Sentraalwes oor die jare ‘n leidende rol in die Suid-Afrikaanse landboubedryf gespeel. Op 10 April 1997 is die koöperasie omgeskakel na ‘n publieke maatskappy bekend as Senwes. Senwes is ekstensief bedrywig in die graanbedryf, verskaffing van boerdery insette, meganisasiebesigheid en landbougefokusde finansieringsdienste met teenwoordigheid in die Vrystaat, Noordwes, Noord-Kaap en Gauteng-provinsies.

Die goedgeplaaste silo-infrastruktuur bied ‘n kapasiteit van 4,6 miljoen ton – wat meer as 25% van die totale Suid-Afrikaanse kommersiële opberging verteenwoordig. Sowat 30% van die land se graan en oliesade word in ‘n normale landboujaar hier opgeberg en gehanteer. Senwes is ‘n betroubare verskaffer van skoon, veilige en gesonde kommoditeite met integriteit, op ‘n kwaliteitbasis.

Wat handel en meganisasie betref, is Senwes ingestel op eksklusiewe en mededingende waarde- en dienspakkette vir landbouprodusente. Verdere waarde word toegevoeg deur insetkostefinansieringspakkette. Die Groep se diverse bedrywe behels die verwerking en verpakking van saad en wyn en die lewering van finansiële dienste deur ‘n versekeringsmakelary.

‘n Breë-basis Swart Ekonomiese Bemagtigingstransaksie is gedurende 2006 met die Bafokeng Konsortium gesluit. Dit bied Senwes toegang tot nuwe markte en ontsluit ander geleenthede as bemagtigde landboumaatskappy.

Met integriteit, aanspreeklikheid, innovasie, besigheidsoriëntasie, selfmotivering en lojaliteit aan Senwes as kernwaardes, is die sakeprioriteit ingestel op volhoubare waardeskepping en die lewering van ‘n mededingende produk- en dienspakket.

Senwes Korporatiewe Video (2011)

LAAI AF (7 MINUTE = 40MB) Regs-kliek en kies die "save" opsie om hierdie video af te laai.
 

Facebook   Twitter   YouTube  

 
Indien u enige vrae of kommentaar oor hierdie bladsy het, kontak aseblief vir:
JAPIE  FRANSMAN | +27 18 464 7236 |

Voorwaardes en Kondisies  | Kopiereg  | Privaatheid  |                                                                                                                                                                                                    Terug na bo




SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp   ---  Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800
   |   Faks: +27 18 462-4873    |   Tolvry: 080 941 4011    |    info@senwes.co.za

Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402

Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za