Produkte & Dienste
Senwes is ‘n landbou-onderneming wat gefokus is op die verskaffing van produksie-insette aan hoofsaaklik graanprodusente, sowel as marktoegang vir landbouprodukte. Dit is strategies gekoppel met die verskaffing van waardetoevoegende dienste, wat onder andere finansiering, versekering en landbou-tegniese dienste insluit. Vind uit meer oor Senwes se produkte en dienste in hul vier oorhoofse afdelings: Grainlink, Village, Landboudienste en Credit.
Grainlink
Senwes Grainlink fokus hoofsaaklik op die skep van marktoegang vir die graanprodusent sowel as die verkryging en bemarking van graan, hantering en opberging van graan en die logistieke dienste vir die verkryging en verspreiding van graan. Grainlink beskik oor meer as 70 graansilo's, bunkers en deurvoerpunte met 'n gesamentlike innametempo van ongeveer 15 000 ton per uur. Dié silo’s bied ‘n storingskapasiteit van 4.8 miljoen ton en hanteer sowat 30% van die land se somer- en wintergraanoes. Tans is Senwes ook besig om uit te brei na Afrika en het al ‘n kantoor in Malawi oopgemaak.
Village
Senwes Village is jou een-stop landbou- en boerderymeganisasieonderneming. Senwes Village word gekenmerk deur topgehalte produkte, vriendelike en kundige diens, sowel as goeie naverkoopsbystand. Die meganisasie-afdeling is die produsent se betroubare meganisasievennoot wat kan help om boerdery-insetkoste te verlaag en winste te verhoog. Senwes Presisieboerdery is nog ‘n seksie binne Senwes Village wat nou saamwerk met Senwes Landboudienste. Presisieboerdery bring die nuutste boerderytegnologie op ‘n wetenskaplike, praktiese en verantwoordelike wyse na die produsent, ten einde gewasproduksie te optimaliseer.
Landboudienste
Senwes Landboudienste is daar om jou te help om jou unieke boerdery-onderneming te ontwikkel en te verseker dat jy vooruit boer. Ons help jou om jou agri-besigheid deur middel van gespesialiseerde bystand en kundigheid te optimaliseer deur risiko’s te beperk en uitsette te verhoog. Ons bied dienste aan soos onder andere: agronomie, grondkartering, ontwikkelende landbou en GIS- en kartering.
Credit
Senwes Credit is ‘n geregistreerde kredietverskaffer wat in samewerking met Wesbank batefinansiering aan Senwes kliënte verskaf. Senwes Credit is die finansieringskakel tussen die landbouprodusent en Senwes se ander bedryfsaktiwiteite. Ons bied markgerigte diens, ‘n flinke kredietkeuringsproses en bemarkingsondersteuning deur persoonlike besoeke aan kliënte.
Kontak ons