Vegkop Boerevereniging by Heilbron bied hul 11de Grasren op Vegkop aan. Die grasren is reeds 'n hoogtepunt op die jaarlikse kalender en het verlede jaar sowat 350 deelnemers gehad.
Kom met jou motorfiets, quad, bakkie, SUV of enige ryding en neem deel aan die 55km sirkelroete en doen aan by die sowat 20 borge-punte en toets jou kennis en vernuf. Senwes sal ook self op die roete wees en kyk uit vir Graanafdeling, Handel en Univision.
Genoeg lekker kos is by Vegkop en op die roete beskikbaar.
Die Vegkop Grasren vind plaas op Saterdag, 18 Februarie 2012, vanaf 07:00. Laaste wegspring is 11:00. Prysuitdeling is 16:00.
Besoek ons webwerf by www.vegkop.co.za vir meer inligting.